Ontbytsake fokus op Thabazimbi
Ontbytsake fokus gereeld op gemeenskappe en dorpe in Suid-Afrika wat ‘n aanwins vir ons land is. Op Saterdag 17 NOVEMBER 2007 kuier hulle in Thabazimbi en stel graag die dorp, sy kultuur en sy mense en besighede aan die kykers bekend. Die program word her uitgesaai vanaf 19 tot 23 November 2007. Ontbytsake, die grootste Afrikaanse vroeg-oggend joernaal program in Suid-Afrika, kan gesien word op kykNET (DSTV se kanaal 105) van 07:30 tot 09:00 elke Saterdag oggend. Om seker te maak dat niemand dit misloop nie word Ontbytsake weer uitgesaai op Maandae tot Vrydae vanaf 06:00 tot 07:30. Ontbytsake word aangebied deur die bekende ekonoom, Dawie Roodt en Dezi (Elma Postma) voorheen van 7e laan. Kim du Plessis rits die wêreld rond en besoek verskeie dorpe en streke wat hulle aan hul kykers bekend stel. Die program het ook gereeld bekende gaste in die ateljee, gewoonlik ter ondersteuning van die onderwerp. Of dit nou vermaaklikheid, finansiële dienste, weervoorspellings, gesondheid, buitemuurs, iets vir die vrou, iets vir die boer, leefwyse, sport, kompetisies, pryse ens. is, daar is altyd iets vir almal en altyd tyd vir ‘n grappie. Die program is, soos gewoonlik, onkonvensionele pret en plesier vir kykNET se vroegoggend kykers. Skakel gerus in by Ontbytsake op Saterdagoggend, 17 November 2007 vanaf 07:30 en kuier saam met hulle in Thabazimbi! Tanja Austen, Senior Bemarker, sê alhoewel dit laat is, kan besighede wat sou belangstel om op die program te adverteer, haar steeds hiervoor kontak. Doen dit so gou as moontlik aangesien die span reeds vanaf Maandag 29 Oktober opnames gaan doen. Sy kan gekontak word by 011 782 4022, of per e-pos by tanja@ontbytsake.co.za.