Jukskeidag sukses
THABAZIMBI – Drie spanne van Thabazimbi het teen sewentien ander spanne uit Limpopo deelgeneem aan die Tarentale Ope-Jukskeidag tydens Mokopane se Biltongfees op 13 Oktober. Thabazimbi het in twee afdelings telkens tweede of derde plek behaal. Die spanne wat die eerste vier plekke behaal in elk van Afdeling A, B en C, is die volgende: In die A-Afdeling het sewe spanne deelgeneem. Eerste was die Tarentale met 59,5 punte, tweede was Thabazimbi (Bossie) met 55,5, derde Thabazimbi (Jannie) met 51 en vierde Ben Wentzel met 51 punte. In die B-Afdeling het vyf spanne deelgeneem. Eerste was Naboompark met 37 punte, tweede Mopanie (Polokwane) met 29,5, derde die Tarentale met 29 en vierde Kuschke met 27,5 punte. In die C-Afdeling het 8 spanne meegeding. Eerste was Soutpan (Louis Trichardt) met 78 punte, tweede Thabazimbi met 73, derde Mopanie met 57,5 en vierde die landdros van Polokwane met 51 punte.