Sport

Geslaagde Damesdag by Thaba Gholfklub

THABAZIMBI – Die dames van Thabazimbi Gholfklub, onder die bekwame leiding van Louise van Graan, die Dameskaptein en Alta Venter, Sekretaresse, het ‘n baie geslaagde Damesdag verlede Saterdag aangebied. Daar was genoeg en baie duursame pryse vir die 41 mans en 17 dames wat deelvgeneem het. Die formaat was Indiiduele Stableford en die dames en mans het om die beurt hulle pryse kom kies. Marina van der Wateren (39) en Johannes Selokela (46) het eerste gekies. Alta Venter (37) en D. Snyman (45) was tweede met Louise van Graan (37) en Bill Pring (44) derde. Daar was genoeg pryse om tot by die sewentiende plekke uit te deel. Al die pryse was moontlik gemaak deur die talle borge wat die dames gewerf het vir die dag. Griet van der Merwe het gesorg vir die halfweg se heerlike verversings en die aand se aansit ete. Baie dankie aan die dames vir die dag en Eddie Williams vir die pragtige baan. Die dames het ook ‘n mikrogolfoond uitgeloot wat deur Maggie Hoffmann gewen is. Hulle het die geld wat so ingesamel is die aand aan die klub oorhandig vir die Bielie van die Bosveld. Die wonderlike gebaar van die dames word hoog waardeer. ‘n Mens wonder of dit die nuwe voorgeestelsel, die baan se puik toestand, of albei is wat die spelers in staat stel om die goeie punte deesdae aan te teken. Solank die goeie toestande en geluk dus hou moet die spelers dit waardeer want binnekort gaan ‘n speler se voorgee na elke telling onder sy voorgee dadelik aangepas word. Dit is daarom dan ook belangrik dat spelers gewoond moet raak om hulle kaarte met elke spel te swiep. En dan gaan die ruveld ook binnekort sy tol eis. Hierdie naweek is dit weer liga en tuis speel ons Bonus Syferspel. Die naweek van 26 tot 28 Oktober is dit die Bielie van die Bosveld en Saterdag 3 November is dit die finaal van die Interaksie Gholf.