Bulveiling by Northam
NORTHAM – ‘n Veiling van sowat 30 bulle en ‘n aantal dragtige verse word Vrydag 2 November om 11:00 by die Northam veilingskrale gehou. Die bulle, wat almal afkomstig is uit die Thabazimbi en Ellisras omgewing, is aan streng keuring onderwerp. Hulle sal getoets wees vir vrugbaarheid, TB en Trich. Onder die bulle sal daar rooi en wit Brahmane, Charolais, Santa Gertrudis, Simmentalers en Simbras wees. Omdat hulle uit die omgewing kom, sal die bulle bekend wees met strawwe Hartwater-, Rooiwater- en Galsiekteveld. Die afslaer was Vleissentraal, en die volgende persone kan gekontak word: Okkie Goosen tel: 082-808-2479, Carl Vos tel: 082-467-1807 of 014-785-0664 (n/u) of Ludwig Krüss tel: 082-808-6067. Wes-Voere is die hoofborg van die veiling.
