Thabazimbi-Wetenskap Expo
THABAZIMBI – Gerhard Benade (Graad 7) van Laerskool Thabazimbi het op 28 en 29 September 2007 die Eskom Nasionale Wetenskap Expo by die Universiteit van Pretoria bygewoon. Die meerderheid deelnemers was hoërskool leerlinge. Gerhard stel baie belang in luggeweerskiet en is ook ‘n kranige skut. Hy het op ‘n wetenskaplike wyse die beste lugpatrone vir luggeweerskiet nagevors. Die standaard van die projekte was geweldig hoog. Die beoordelaars het ‘n moeilike taak gehad om tussen al die bestes van die beste uit die hele Suid-Afrika te kies. Die projekte van die leerders wat die beoordelaars beïndruk het, gaan internasionaal deelneem. Die Expo word geborg deur Eskom. Dit skep ook ‘n platvorm vir leerders om as entrepreneurs uit te styg en deur die regte mense raakgesien te word.