Sport

Hengelaars van groot vis is die penkoppe

SETARIA – Die afgelope naweek se nat weer het nie die hengelaars van Northam visvangklub van stryk laat bring nie. Verlede naweek, by die Consentrator dam op Northam Platinum, het die hengelaars vir die reënweer kans gesien en die mooi vis wat gevang is, is ‘n weerspieëling van die feit. Die vis het meer gebyt as voorheen en een van die hengelaars het opgemerk dat die weer dalk die rede hiervoor kan wees. Daar is gevang vir die swaarste vis en die penkoppe, dis nou die klein outjies, het groter vis uitgetrek as die ouer garde. Dit het die wenkbroue laat lig. Altesaam 599kg ingeweegte vis is gevang. Hierdie was die laaste klub kompetisie vir die jaar. Nou lê net die groot een voor, naamlik die Noord-Wes Liga wat gehou gaan word die naweek van 13-14 Oktober te Bloemhof dam. Die wenners van die onderskeie afdelings was Penkoppe: 3de Awie Fourie, 2de Theuns Heydenrych en 1ste Paul Bruynius met ‘n wen karp van 6,8kg. Sy totale sak was 13,46kg. Juniors: 3de Patric Heydenrych, 2de Nico Louw en 1st Eugene Coertze. Dames: 3de Adrey Bruynius, 2de Joey v Vuuren en 1st Nicolene Heydenrych. Mans: 3de Paul Bruynius, 2de Louie Jordaan en 1st Rudy Smit met ‘n wen karp van 9,09kg. Sy totale sak was 53,809kg.