General

Groot veranderinge by Laerskool Koedoeskop

KOEDOESKOP – Groot veranderinge is besig om plaas te vind by Laerskool Koedoeskop wat veroorsaak dat die skool besig is om uit sy nate te bars. ‘n Groot toename in leerders by die skool is die afgelope tyd ondervind, en daar is besluit om ‘n stewige fondasie neer te lê vir die opgradering van die voorskoolse klassie en die graad 0 klas. Daar is klaar begin met die gelyk maak van die stuk grond waar al die nuwe klimrame, vaardigheidsbaan, pophuise ens. opgerig gaan word. Die projek is met alle erns aangepak en behoort met die aanbreek van 2008 klaar te wees. Alle belangstellende ouers kan die skool gerus skakel om meer inligting te bekom oor die nuutse onderrigmateriaal wat aangekoop is. Dit maak die skool “‘n leerder se droom skool” met ‘n tikkie bosveld en warm liefde om alles af te rond.