General

Goeie neerslae regoor die Bosveld

Goeie neerslae het sedert verlede week regoor die Bosveld voorgekom. Teen Woensdag 3 Oktober het gedeeltes om Steenbokpan die hoogste syfers aangeteken met neerslae wat gewissel het van 90 tot 170mm. Thabazimbi dorp self het neerslae van tot 110mm aangeteken met Koedoeskop wat 115mm aangeteken het. Die res van die gebied se neerslae was as volg: Dwaalboom – 61mm, Makoppa – tussen 75 en 100mm, Hoopdal – 22mm, Vaalwater – 91mm, Cumberland – 97mm en Ellisras 90mm. Woensdagnag het daar weer ‘n paar sterk buie oor Thabazimbi uitgesak en reën word nog steeds vir Vrydag (vandag) voorspel. Saterdag sal dit hoofsaaklik mooiweer wees met die kwik wat tot 32 °C sal styg. Alhoewel dit Sondag meer bewolk sal wees, gaan die kwik tot 36 °C styg. Maandag sal dit bewolk en redelik koeler wees. Vir meer inligting aangaande die weer in Thabazimbi en omgewing, besoek ons webblad by www.kwevoel.co.za Klik op “Downloads”, dan op Thabazimbi en daarna op “weather”.