Projek van Thabazimbi Vrou van die jaar
THABAZIMBI – Die SAVF en Sweet Mega Savings het saamgespan om ‘n kompetisie te loots vir die jeug, laerskool sowel as die hoërskool kinders. Die kompetisie behels dat elkeen wat inskryf ‘n onderwerp kry waaroor hulle ‘n opstel moet skryf. Vir die Laerskoolkinders vanaf Graad R tot Graad 2 is die opdrag om hul huisgesin te teken. Grade 3 – 5 se opdrag is, teken of skryf ‘n opstel oor een van twee onderwerpe naamlik: Die gelukkige kind of die moets en moenies van hoe om jou troeteldier te versorg. Die opdragte vir die Grade 6 en 7 leerlinge is om ‘n opstel te skryf oor respek teenoor die lewe rondom jou. (Respek teenoor jou naaste, diere en/of die natuur.) Die wenner ontvang ‘n kontantprys van R400, die 2de prys is R200 en die 3de prys is R100. Vir die Hoërskool kinders, Grade 8 en 9 sal in een kategorie beoordeel word en Grade 10 – 12 in ‘n ander kategorie. Daar is verskeie onderwerpe om oor te skryf naamlik Die wet op aborsies op 12- jarige ouderdom, Dwelms, satanisme en/of drankmisbruik, Tiener seks en –swangerskap. Die opstel moet tussen 200 en 300 woorde wees. Die wenner sal ‘n kontantprys van R500 ontvang, die 2de prys is R300 en die 3de prys R150. Die kompetisie sluit op 9 November 2007 en die wenners sal op 30 November 2007 aangekondig word voor Sweet Mega Savings. Dit gaan ‘n groot geleentheid wees met worsbroodjies, Daantjie Deernis, gesigte wat geverf gaan word en nog baie meer. Daar gaan ook verrassings vir die tieners wees waaroor daar op ‘n latere geleentheid meer uitgewei sal word. Vir eers bly dit ‘n geheim. Inskrywingsvorms is beskikbaar by Sweet Mega Savings en die inskrywingsfooi beloop slegs R2. Vir verdere navrae kan Gerda geskakel word by 0828797473 of Annemarie by 0783702571.