General

Oorplaatjies meer aanvaarbaar vir identifikasie

Diere brandmerke word al ‘n geruime tyd van afstand gedoen in sekere gevorderde lande. Die benadering is dat die inisieele brand en die daaropvolgende her-brand van vee ‘n brutale praktyk is wat ons op ons vee toepas. Daar is verskeie redes wat hiertoe bydra. Hieronder is te warm brand ysters, te koue brand ysters, te lang periodes van vel kontak, herhaaldelike brandmerke en ekonomiese verliese as gevolg van velskade aangerig. Gevorderde lande in die wêreld gebruik reeds visuele oor-plaatjie identifikasie, gekoppel met oor tatoeering of met verkieslik DNS ( DNA ) biblioteek monsters vir latere verifikasie. Intervet, Suid Afrika, is tans besig met ‘n baie opwindende projek om diere deur middel van bogenoemde visuele oorplaatjies te merk. Die maatskappy is die verspreider van die oorplaatjies in Suid Afrika. As die verspreider van die ID tags ( Allflex EAR TAGS, die wêreldleier met lewendehawe identifikasie produkte ) in Suid Afrika, is hulle vol vertroue dat sinlikheid sal vier en dat die vee bedryf en ge-assosieerde liggame, departemente, en belanghebbendes die totale voordeel van die sisteem uiteindelik sal begin begryp. Die “ID Tag” word ondersteun deur ‘n sagteware pakket wat gratis van die internet of slegs vir R95.00 ( Btw ingesluit ) bestel kan word by www.gmptags.co.za Addisioneel bied die sagteware ‘n basiese bestuurspakket aan die boer, mog dit bees, skaap, bok, volstruis of vark wees aan in die eerste fase van implementering. Met ander woorde, alle lewendehawe op ‘n plaas kan op die Identifikasie, Na-speurbaarheid, Bio-sekuriteit, Diere gesondheid en Bestuursprogram hanteer word. Al gehoor van “Certified Natural Lamb” wat alreeds as een produk bemark word deur Shoprite Checkers? Hierdie is maar slegs een van vele ander gebruike waar die Intervet ID Tags en die GMPBasic sagteware ‘n groot tree vorentoe neem en wat van astronomiese waarde toevoeging vir die lewende hawe bedryf gaan wees. Die sisteem bestaan en werk reeds sover so dat die UNISYS platvorm dieselfde is wat deur sekere bekende banke in Suid Afrika gebruik word met groot welslae. Gaan kyk gerus na die oorplaatjie se besonderhede op www.intervet.co.za