Dorper-Boeredag vir die kleinboer
PIETERSBURG – Die Bosveld Dorperklub bied op Saterdag 6 Oktober ‘n Dorper-Boeredag aan waar gekonsentreer gaan word op hoe om volhoubaar met kleinvee op klein skaal te boer. Verskeie onderwerpe gaan aangespreek word. Hieronder is onder andere strategiese lekaanvulling by skape vir optimale produksie en reproduksie deur Dr Vlok Ferreira ‘n lesing oor weiding deur Rudi Kuschke K2 Agri. ‘n Bespreking deur Senior Rasinspekteur oor die Dorperskaap en verskeie demonstrasies sal gelewer word. Daarna volg ‘n bespreking oor volhoubaarheid van skaapboerdery op klein skaal en hanteringsgeriewe vir kleinvee deur Francois Fourie. Verskeie uitstallers sal ook daar wees om verwante produkte te kom bekendstel. Registrasie vind vanaf 8:00 plaas en beloop R30 per persoon. Die Boeredag word op Hoewe 101, Tweefontein. Pietersburg aangebied. Vir meer inligting is u welkom om L Kellermann by 0822671920 of J van Zyl by 0824185668 te skakel.