Laerskool Koedoeskop het besige tydjie agter die rug
KOEDOESKOP – Laerskool Koedoeskop se leerlinge het die afgelope maand op veldskool gegaan, die Gr 7 leerlinge het hulle afsluiting gehou, daar is ‘n kunstefees aangebied en dan was daar ook krieket en hokkie wedstryde wat gespeel is. Die Gr 7 leerders het op veldskool vertrek van die 10de September en het die 14de September weer teruggekom. Die groep was na Sidiba Kwêle Lodge. Daar het hulle “absailing” gedoen, bokdrolspoeg, moddergevegte, muurklim en wildsritte gedoen. Die dae was warm en hulle moes nog skuilings bou en nagmarse meemaak. Hulle het dit egter baie geniet. Net die volgende week is hul Graad 7 afsluiting by Gold Reef City gehou waar hulle ‘n dag vol pret en plesier beleef het. Die krieketspan van Laerskool Koedoeskop het goed gevaar in die Klein Skole Liga. Albei die eerstespan en die 0/11 het uitgetree as naas wenners van die liga. Baie geluk aan die spanne. Die kunstefees is met groot entoesiasme aan gepak. Daar het die leerlinge uitstekend gevaar. A+ Dirco Slabbert Gr 0 Poësie, Righard Vink Gr3 Poësie. Baie geluk aan die leerlinge. Verder was daar ook 3 A+, 14 A’s en 7 B’s verwerf in die Drama en Redenaars afdeling. In die kunste afdeling het hulle 8A+, 4A’s, 3B en 7B’s verwerf. Dankie aan al die leerders vir al hulle harde werk. Op die 8ste September het die skool ook ‘n baie suksesvolle hokkietoernooi aangebied. Daar was altesaam 7 skole en 28 spanne wat op die dag deelgeneem het. In die mini-hokkie was daar altesaam 13 spanne wat baie verblydend was om te sien. Laerskool Koedoeskop beoog om dit ‘n jaarlikse instelling te maak. Baie dankie aan al die deelnemende skole wat die dag moontlik gemaak het. Sonder hulle sou dit nie ‘n sukses gewees het nie. Die koring dans wat deel uitmaak van die Gr7 se fondsinsameling sal plaasvind op die 19 Oktober te Blinkwater Lodge. Die kostes beloop R150 per persoon en die drag is semi-formeel, daar sal ‘n kontant kroeg beskikbaar wees en die kos word voorberei deur Ronell Pretorius. Toesig is beskikbaar vir die kinders, hulle spyskaart is apart en die koste daaraan verbonde beloop R30.