Komedies met plaaslike akteurs wag op publiek
THABAZIMBI – Die RiVo-Toneelgroep is hard besig om te repiteer vir die twee kostelike komedies wat op 10 en 11 Oktober op die planke gebring word. Op 6 Oktober om 15:00 is daar ‘n gratis vertoning vir belangstellende pensionarisse. Laat weet asseblief net vooraf vir Rita sodat die nodige besprekingsreëlings kan tref. Al die akteurs is uit die plaaslike inwoners en RiVo het hier ‘n baie talelentvolle groupie saamgestel. Kom ondersteun asseblief die plaaslike kunstenaars – hulle speel hulle harte uit, spesiaal vir Thabazimbi. Vir kaartjies en navrae, kontak Rita by 083 7448559. ‘n Groot produksie met verskeie van ons bekende Afrikaanse kunstenaars is in November op die KunsteGrot se jaarprogram. Hou volgende week se Kwêvoël dop vir die persverklaring en resensies oor “Eugene Marais klink ‘n 100 jaar later”. Met die uiters talentvolle Rouel Beukes as bas, Linnette van der Merwe as Mezzosopraan en natuurlik Carel Trichardt en Petru Wessels, wat geen bekendstelling nodig het nie, is dit ‘n aanbieding wat u nog lank sal bybly! Kaartjies vir hierdie opvoering wat op 9 November plaasvind is vanaf volgende week beskikbaar. Dit sal weer bespreekte plekke wees. Sorg dat u dus vroegtydig bespreek om ‘n goeie sitplek te bekom.