General

Groot pret by Northam VLU

NORTHAM – Verlede Donderdag, 13 September het die dames van Northam VLU hul vergadering gehou en gepoog om suiker versierings vir koeke te maak. Die vergadering is begin met die verwelkoming van al die lede en gaste. Nadat al die formaliteite afgehandel is het die groot werk begin. Die dames moes eers die marsipein bewerk en dit het vir groot opwinding gesorg. Eers was die deeg te slap en toe te warm. Nadat die deeg uiteindelik reg bewerk is kon die werk begin, al die dames het Alta mooi dopgehou aangesien sy die dames kom touwys maak oor hoe dit gedoen behoort te word. Eers het almal blaartjies uitgedruk toe is die blommetjies gevorm. Dit het vir groot pret gesorg, want nie almal se rosies het na rosies gelyk nie, maar nou ja dit was die uitprobeer slag wat getel het. Die volgende vergadering sal plaasvind op die 18de Oktober by die kerksaal te Northam en die onderwerp is borskanker. Alle belangstellendes is welkom om die oggend saam by te woon. Vir enige navrae kan Mari by 082 086 4915 skakel.