Besige tyd vir Laerskool Platina
SWARTKLIP – Die afgelope paar weke was daar baie toere waaraan die leerlinge van Laerskool Platina deeldeneem het. Die 0/11 en 0/13 krieket spanne van Laerskool Platina het vanaf 6 September op Warmbad aan ‘n krieket rondomtalie gaan deelneem teen vier ander skole. Die deelnemende skole was Krugerpark, Lord Milner, Nylstroom en Warmbad. Die seuns het op die toer baie geleer en het dit baie geniet. Van die leerlinge het vanaf 7 tot 9 September die Christelike kamp, die Hoekie kamp wat die ou CSV vervang, op Buffelspoort bygewoon. Die leerlinge het dit baie geniet. Van die wat siels ongelukkig gegaan het, het siels gelukkig teruggekom. Die leerlinge het onder andere bybelstudie gedoen en na gassprekers geluister. Die Mpumalanga toer wat vanaf 3 tot 7 September plaasgevind het, was bloot ‘n opvoedkundige toer. Hulle het plekke soos God’s Window en die Potholes besoek. Dit was vir baie die eerste keer om die mooi natuurskoon te kon besigtig.