General

AGS Swartklip loods bussieprojek

SWARTKLIP – Die Gemeente van die AGS Lewende Woord Sentrum het vandeesmaand die wiel aan die rol gesit om ‘n bussie vir hul Sondagskool aan te skaf. Volgens Pastoor Jandré Swanepoel, die gemeenteleraar, is hulle waarlik geseën met ‘n wonderlike Sondagskool waarin talle kinders se lewens geraak word, maar vervoerprobleme veroorsaak dat van hierdie kinders nie die Sondagskool kan bywoon nie. Vir veiligheidsredes wil die gemeente nie hul kinders met bakkies vervoer nie, aangesien meeste van die kinders van Northam en omgewing aangery moet word. Die AGS Gemeente doen graag ‘n beroep op u as leser om hulle met ‘n finansiële bydra te seën sodat hul droom verwesenlik kan word. Belangstellendes kan ‘n bydrae deponeer by FNB Northam, rekening naam: AGS van SA Swartklip, rekening nommer: 62148695416. E-posse kan gestuur word na lewendewoord@ telkomsa.net of kontak die kerkkantoor by 014 786 0564 vir verdere navrae.