Entertainment

Wen ‘n CD van Ray Dylan

Hierdie bekende kunstenaar het sopas ‘n nuwe CD vrygestel genaamd “Hier binne (klop ‘n boerehart). Sedert sy albumdebuut New Kid in Town in 2002 het Ray Dylan hom gevestig as een van die land se vaardigste en gewildste kunstenaars. Die musikale wiele het behoorlik begin rol toe hy in 2006 uitroep “Hokaai, Stoppie Lorrie!”Daardie album het hom goue status besorg en twee SAMA benoemings naamlik beste dansalbum en beste country album in Afrikaans. Dié sanger is ‘n volronde kunstenaar wat geseën is met een van die beste stemme in Suid-Afrikaanse musiek, stylveelsydig en boonop ‘n energieke “performer” wat die elektriese kitaar tydes sy optredes laat kreun. Op sy splinternuwe album – Hier binne (klop ‘n boerehart) is daar ‘n verskeidenheid musiekstyle met ‘n aangename balans tussen wêreldritmes, emosionele hartstog en ‘n aangename tikkie onderspeelde kontreivreugde. Staan die kans om hierdie CD te wen deur Jou naam en kontak besonderhede agterop ‘n koevert te pos aan Ray Dylan kompetisie, Moredou Drukkers, Posbus 163, Thabazimbi, 0380. Die wenner moet bereid wees om in die koerant te verskyn.

Hokaai Stoppie Lorrie