Uitstekende Gholfdag deur Laerskool Koedoeskop
THABAZIMBI – Laerskool Koedoeskop het verlede Saterdag 8 September ‘n groot gholfdag op Thabazimbi se baan aangebied. Die formaat was ‘n Beterbal met keuse bofhou en die 64 spelers het reeds om 9:30 die stokke begin swaai. Die musiek en baniere het ‘n gesellige atmosfeer geskep. Na die dag se spel het R Conrad en J Brits met 46 punte die eerste prys gewen. Derek Torlage en Jakkie van der Wateren (45), J Smit en N Wenhold (44) was ook onder die voorlopers. Dan was daar nie minder as agt pare wat op 43 geeïndig het nie. Baie dankie aan Koedoeskop se mense, al die borge en die besoekers wat die dag so suksesvol laat verloop het, vir al die mooi pryse en veral vir die heerlike verversings en ete die aand. Ons baan is tans in ‘n puik toestand. Die skoonvelde skyn al mooi groen deur danksy die water waarvan ons gelukkig nog voldoende het. Die setperke is uitstekend maar die ruveld is egter kaal as gevolg van die droogte. Baie dankie aan Eddie Williams en sy span vir so ‘n mooi baan. Alle gholfspelers, die hele wêreld deur het volgens die gholfreëls sekere verantwoordelikhede. Elke speler moet elke keer as hy op ‘n baan speel ‘n telkaart voltooi en dit inhandig. Op die kaart moet sy voorletters en van, sy lidnommer, die datum, sy korrekte voorgee en die tipe spel wat gespeel is duidelik leesbaar wees. Die speler en die merker moet die kaart onderteken om te sertifiseer dat die tellings vir elke putjie korrek is. Hierdie informasie moet daar wees voordat die kaart ingehandig word. As dit nie so is nie, sal die speler gediskwalifiseer word, dit is nou maar ongelukkig hoe dit met gholf werk. Die nuwe voorgeestelsel wat vanaf Junie in werking is, is daar om die gereelde en eerlike speler te beskerm teen die prysjagters. Dit is ‘n kwessie van ‘n paar knoppies druk op die rekenaar en enige speler in Suid-Afrika se voorgee kan nagegaan word. In beterbal kompetisies speel jy van 75% van jou amptelike voor af. By die voorgeelys op die bord is daar ‘n tabel wat die aanpassing aantoon. Mans sonder voorgee speel van in ‘n individuele voorgee van 18 en beterbal aangepaste voorgee van 14 af. Dames van ‘n 24 en 18 af. Baie dankie en geluk aan ons klublede wat so spontaan inval by ons kleredrag voorskrifte. Julle lyk netjies en speel dan sommer ook beter gholf.
Science Of Sport – Golf
Great Golf Courses Of Southern Africa
Golf: Greatest Ever Moments