Sport

Oesfees fietswedren trek talle deelnemers

DWAALBOOM – Tydens die pas afgelope naweek is Dwaalboom se immergewilde oesfees fietswedren aangebied. ‘n Totaal van 42 inskrywings is ontvang en al die fietsryers het op Saterdag 8 September om 7:30 weggespring. Vir die gesoute fietsryers was daar die 70km of 40km en daar was selfs vir die kleuters ‘n 1km waaraan deelgeneem kon word. Oor die 70km afstand was Riaan Nagel eerste oor die lyn in ‘n tyd van 2 uur en 24 sekondes met die eerste dame Wilma Pienaar op sy hakke. Oor die 40km afstand was die wenner Johan Pienaar in ‘n tyd van 1 uur 11 minute en 7 sekondes en Joyce Nortje was die eerste dame oor die lyn. Vir die jong ryers is ‘n spesiale 10km afstand ingebring en eerste oor die lyn was Rudi van der Walt, gevolg deur Ian Pienaar in die tweede plek en Ronaldo Nortje in die derde plek. Oor die 5km afstand was Regan Herold in die eerste plek, Johan van Deventer tweede en Louis van Deventer in die derde plek. Almal het hierdie wedren so aan die begin van die lente baie geniet en het onderneem om weer volgende jaar deel te neem. In die tweede plek was Laneo Nagel, Mark van Zyl en Ian
Pienaar. Riaan Nagel was die wenner in die 70km afdeling en Wilma Pienaar was kort op sy hakke en ook die eerste dame oor die lyn.