Mej Dwaalboomkroon by Dwaalboom Oesfees
Die Dwaalboom Oesfees het nie net oor boerdery en pannekoek gegaan nie, maar daar is ook een van die plaaslike skoonhede aangewys om die Mej Dwaalboomkroon vir die res van die jaar te dra. Die wenners van die Mej Dwaalboom skoonheidskompetisie is Vrydag 7 September aangewys, Op die foto is hulle vlnr: Monica Loots (Eerste prinses), Claudine Cronje (Mej Dwaalboom) en Mariska Meyer (Tweede prinses).