General

Hoër pryse vir ingevoerde poeiermelk

Die MPO (Melk Produseerders Organisasie) wys in ‘n mediaverklaring daarop dat die gemiddelde prys tussen Junie en Julie waarteen poeiermelk ingevoer is, volgens die onlangs vrygestelde statistiek met R9 per kilogram gestyg het. Etienne Terre’ Blanche, besturende direkteur van MPO, beskryf hierdie nuutste syfers wat hoër invoerpryse vir poeiermelk weerspieël as be-moedigend. “ Dit wil voorkom asof die prys van ingevoerde poeiermelk besig is om te stabiliseer in lyn met die internasionale tendens. Die MPO het die betrokke owerhede onlangs genader om ‘n ondersoek te loots na die invoer van laeprys poeiermelk. Hierdie ondersoek sowel as die ondersoek deur Agri Inspec vorder goed.” Die MPO het egter sy kommer uitgespreek aangaande invoere gedurende Augustus nadat sekere poeiermelk versendings, sonder inagneming van die verskepingskoste, gemiddeld $1300 per ton laer as die heersende wêreldmarkprys was. Nieteenstaande die onlangs vrygestelde statistiek is die MPO steeds bekommerd oor versendings van poeiermelk wat steeds onder die wêreldprys vanaf sekere lande af ingevoer word. Die organisasie is in ‘n proses betrokke om hierteen by die ambassades van Ierland, Nieuzealand, Argentinië en die Ukraïne te apelleer. “Die MPO beplan om ‘n afvaardiging na die onderskeie ambassades te stuur om hierdie invoere formeel aan te spreek.” Die MPO is ook tans besig om die gewensdheid al dan nie van die inwerkinstelling van remediërende handelsaksies. Dit sluit in aksie teen die storing en subsidiëring van suiwelprodukte.