Dringende insette van veeboere verlang
Die Rooivleis Produsente Organisasie wys veeboere daarop dat die Departement van Landbou en Grondsake (Registrateur van Diere Identifikasie) en die Veediefstal Hoofkantoor, in die proses is om die wet aangaande die registrasie van diere identifikasie te hersien. Veeboere het nou die geleentheid om voorstelle in te dien wat die wet meer prakties en gebruikersvriendelik kan maak. Alle voorstelle kan direk deurgee word aan Supt. AP Oosthuizen by faks (012) 3931548 of e-pos: oosthuizeno@saps.org.za. Hierdie is ‘n saak wat die dringende aandag van alle veeboere en boereverenigings verg aangesien die voorstelle voor die einde van September 2007 ingedien moet word.