General

VLU leer kuier-kuier

THABAZIMBI – Die plaaslike VLU tak het op Donderdag 16 Augustus hul vergadering gehou by Echo Mountain Inn met ‘n heerlike ontbyt en ‘n gesellige saamkuier. Charline Richter het so tussen die saamkuier deur vir die dames gewys hoe om ‘n druiwetrossie te maak van krale. Die kompetisie artikels, handgemaakte waaiers wat baie oorspronklik en elkeen uniek was en pynappel kerrie slaai, is beoordeel. Op Dinsdag 22 Augustus het Trudie Sauer ‘n potloodskets werkswinkel aangebied en die dames was baie in hul skik met die appels wat hulle geteken het. Die volgende vergadering vind plaas op Donderdag 13 September om 09:00 by Anna Mitten se huis. Die spreker is Gerda Halgryn, Mev Thabazimbi 2007 en die onderwerp is “Baan die weg vir vroue”. Dit is dan ook die tak se jaarlikse boomplantdag. Die dames gaan daarna ‘n heerlike piekniek in Anna se tuin hou. Elke dame bring ‘n mandjie en die dame met die oorspronklikste mandjie sal ‘n prys ontvang. Die inhoud van die mandjie is vooraf bespreek. Vir verdere navra kan u gerus vir Liz skakel by 084 436 4429.