General

Streeks Wetenskap Expo te Warmbad

THABAZIMBI – Op Vrydag 31 Augustus het 3 van Laerskool Thabazimbi se leerders aan die streeks Wetenskap Expo wat te Warmbad aangebied is deelgeneem. In totaal was daar 120 Hoërskool leerders en 6 laerskool leerders wat deelgeneem het. Die take, projekte en modelle wat beoordeel moes word was 80 in totaal. Elke leerder is die geleentheid gebied om aan twee of drie beoordelaars sy navorsing bekend te stel en is dan daarvolgens beoordeel. Gerhard Benade het ‘n goue medalje verwerf met sy baie interessante ondersoek na die beste lugpatrone vir luggeweerskiet. Hy is ook die geleentheid gegun om aan die Nasionale Wetenskap Expo wat gedurende 28 en 29 September by die Universiteit van Pretoria plaasvind deel te neem. Hierdie prestasie kan vergelyk word daarmee om aan die SA kampioenskappe deel te neem is sport. Riëtte Steene- kamp se onderwerp lê menige bekommerde ouer na aan die hart. Sy het ‘n silwer medalje verwerf met haar onderwerp “Die kopseer van kopluise”. Sy het selfs ‘n groot luis gemaak sodat almal kon sien hoe ‘n luis werklik lyk. JM Erasmus het vertel van DNS (deoksiribonukleïersuur). Me Hantie Vorster, organiseerder van die Wetenskap Expo moedig leerders aan om aan volgende jaar se Expo deel te neem. Dit bied aan hulle die geleentheid om hul belangstellings, vaardighede en entrepreneurskap uit te leef.