General

Sanlam sê nee vir misdaad

THABAZIMBI – Die misdaadsyfer wat op ‘n daaglikse basis styg is ‘n kommerwekkende realiteit wat elke Suid- Afrikaner in die gesig staar. Op eie bodem raak dit die gemeenskap van Thabazimbi ook, soos onlangs in Die Kwêvoël berig is. Dit is met die gemeenskap se veiligheid in gedagte dat Sanlam Thabazimbi se adviseurs ‘n spesialis op dié gebied ingeroep het. Richard Brussow van die National Hijack Prevention Academy sal tydens ‘n ontbytaanbieding op Saterdag 8 September om 9:30 vir 10:00 by HFM Lapa te Thabazimbi ‘n praatjie lewer oor voorkoming van misdaad. Kaartjies beloop R30 en is by Sanlam se kantore te Rietbokstraat 2B beskikbaar, of belangstellendes kan Linda Prinsloo kontak by 014 772 3066 of 082 416 8059. Daar is slegs beperkte sitplekke beskikbaar, die publiek word aangeraai om hierdie byeenkoms nie mis te loop nie.