Pofadder Staproete vang stappers onkant

THABAZIMBI – Die week van ses tot tien Augustus het Helene Stevens en haar dogter Chantelle die baie onbekende 80km staproete, “Pofadder” gaan stap. Hierdie roete begin 6km vanaf die grenspos “onseepkans”. In die stadium van bespreking waar Helene met die stadraad van Pofadder onderhandel het is vir haar gesê dat die roete lanklaas gestap is en dat dit onlangs nuut gemerk en oopgekap is. Groot was die verbasing vir haar toe hulle op “Onseepkans” aankom en die enigste mense wat hul teekom die gidse is wat die river rafting bemark. Geeneen van hulle was eers bewus daarvan dat daar ‘n staproete is nie. Erg bekommerd en onseker was die groepie van 4 wat bestaan het uit Helene, Chantelle, Jurg van Zyl en sy seun Hannes. Volgens die kaartaanwysings het hulle die beginpunt van die roete bereik en soos wafferse “survivors” die aand baie onseker en half benoud daar oornag. Die roete loop in die vorm van ‘n “8”, wat strek oor ruwe woestynagtige berge, diep klowe en hoogtes na die Oranjerivier, dan langs die rivierlangs tot by Pella, weer deur die berge en tot jy weer die rivier kry nadat jy km’s lank deur ’n canyon gestap het. Laastens loop jy by die “Richie valle” wat soortgelyk is aan die “Augrabies valle” verby tot weer by onseepkans. Die natuur is asemrowend mooi met baie kontraste, water moet saamgedra word, want dit word baie warm. Snags het dit ook baie koud geraak. Op die roete het hulle geen ander stappers teegekom nie en dit was duidelik dat hulle die enigste stappers is wat hierdie roete vanjaar gestap het aangesien dit baie toegegroei was. Volgens Helene is hierdie roete beslis vir ervare stappers wat baie fiks is. Indien daar enige een is wat belangstel kan hulle gerus na die fotos kom kyk wat voorwaar die pragtige natuurskoon weergee.

Hiking trails of South Africa @ Kalahari.net

Ads