General

Ons lesers skryf – Ons is bekommerd

Ons as inwoners van die dorp is bekommerd oor die tendens van jongmense in ons dorp se gedrag en die hoeveelheid ongelukke in die nag wanneer die grootmense slaap. Ons bespeur dat die betrokke mense wat hulle skuldig maak aan bestuur onder die invloed, roekeloos en nalatige bestuur en die beskadiging van privaat eiendom toegeneem, en duidelik as gevolg van respek teenoor jou naaste sowel as hulle eiendom. Miskien omdat daar nie meer geslaan word op skool nie, en ook nie meer ‘n weermag waar sulke haantjies se stertvere gepluk kan word nie. Dalk is daar glad nie meer wetstoepassing nie. Omdat die geregsdienaar te bang of te lui is om sy werk na behore te verrig. As die betrokke kwaaijongens ‘n naweek in die trok deurbring sal hulle dalk besin. Dit is egter nog meer teleurstellend dat mense wat veronderstel is om volwasse te wees ook aan die jaery deelneem! Dalk is dit waar dat diegene versuim om groot te word. Maar in ons dorpie werk dit mos so dat as iemand se kind raakgery word daar die volgende dag net nog ‘n stopteken verskyn. Kom ons Verkeer en Polisie, vat die mense vas en maak voorbeelde van hulle.

Gatvol – Thabazimbi