Entertainment

Mogol Expo en Sportfees gaan die bosveld op sy kop keer

Hierdie EXPO skop reeds op Donderdag 20 September af wanneer die lekker loslit Campbells in Mogolklub Sportsaal optree. Hulle optrede is die aanloop tot die EXPO en word deur Laerskool Bosveld aangebied. Kaartjies is by die skool beskikbaar (014-7632860). Vrydag en Saterdag gaan propvol arenaprogramme aangebied word. In die kinderarena, wat deur Doempels die Nar gehanteer word, tree skole se revue- en dansgroepe op. Op die hoofareana is daar gimnastrade, trompoppies, rugby en ’n krieketafrigtings-kliniek. Al Mogolklub se sportseksies wat moontlik kon, neem deel aan die EXPO. Sommiges gaan veral op sportontwikkeling fokus terwyl ander formele toernooie aanbied en ander weer ingestel is op die prettig deelname van almal wat belangstel. Avontuurlustige manne en vroue gaan hul staal agter die wiel van hul 4 x 4’s of as navigators wys. Soos altyd behoort die 4 x 4 kompetisie op die Saterdag sommer baie toeskouers te lok. (Belangstellendes kan vir Francois kontak by 0825992199) By die rolbalbaan gaan ’n toernooi plaasvind, en hoëklas skouspring en ’n skouspring – afrigtingskliniek vind by Mogolklub Perdekamp plaas. By die korfbalbane word baie besoekende dorpe verwag, informele en meer ernstige wedstryde word gespeel. So ook beplan die volgende subseksies: Gholf (Mogol EXPO-toernooi – inskrywingsvorms beskikbaar by Mogolklubkantore (014-7632427), netbal (afrigtingskliniek – 9 skole), muurbal (sosiale toernooi), krieket (afrigtingskliniek), tennis (afrigtingskliniek), hokkie-toernooi (binnenshuis), rugby (Exxaro vyftiental vs Laerskool Thabazimbi) en klubrugby (Mogol 1 vs Thabazimbi) en sokker (semi-finale en finale op Sondag 23 September) ’n Mallemeule, professionele “paintball”, quadbikes, dieseltrein, reuse glybaan en vir die eerstel keer in Lephalale ‘n “Free Fall Tower” gaan sorg vir hope pret. Die bekende Alvin Bruinders (Vetkoekpaleis) gaan as seremoniemeester optree by die hoofarena. Die biertuin word behartig deur Mogol rugbyklub, waar ook grootskerm rugby vertoon sal word (14:00 Wêreldbeker rugby – SA vs Tonga). Kunstenaars tydens die EXPO is Eden, Gin & Tonic, DJ Ossewa en Anrika (Alvin Bruinders se singende eggenote). Hulle tree op, op die bekende reisende Tropica verhoog. Vir skougangers is daar ’n baie groot verskeidenheid stalletjies: ’n Groot motorskou, mediese fondse, eiendomsagente, banke, besighede, EXXARO en ESKOM, loopbaanuitstallings en baie mooi goed wat ook op ander skoue te siene is. Die Expo belowe ook om heerlike kosstalletjies; van pap en kaings tot mini “doughnuts” aan skougangers te bied! Die gewilde musiekgroep, EDEN tree ook tydens die Expo op, jong tiener meisies kan solank die aande aftel tot hulle die pop sensasie in lewende lywe kan sien. ‘n Iieder en elk om ’n besoek aan hierdie EXPO en SPORTFEES te bring, ’n fees wat julle nooit sal vergeet nie. Soos ’n peppermentjie se XXX gaan die Mogolsportgronde vanaf 20 September tot 23 September EEE – Expo – Expo – Expo! Skakel Denise Hildebrandt vir enige verder inligting by Mogolklub 014-7632427/ 0824513572 of e–pos deniseh@mogolclub.co.za