General

Hoera vir mini hokkie

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi se eerste Mini hokkie wedstryde tuis is Woensdag 29 Augustus gespeel. Groot opgewonderheid het geheers en die dogterjies kon nie wag om te begin speel nie. Baie dankie aan die besoekende skole naamlik Laerskole Warmbad, Van Wykskraal, Koedoeskop en Bosveld wat van hierdie vriendskaplike wedstryde ‘n groot sukses gemaak het. Opregte dank word uitgespreek aan me Berni Coetzee vir die hempies, me Annerie Jordaan vir die kouse en Realnet vir die sonhoedjies. Die spannetjie lyk pragtig in die nuwe uniformpies. Groot waardering word uitgespreek vir almal se positiewe gesindheid en ondersteuning.