Dis somer – Gholfklub oorgehaal
THABAZIMBI – Soos gebruiklik vir die eerste Saterdag van elke maand was dit Saterdag weer Slagspel. Willem du Plessis met ‘n net 68 is die wenner met Toppie Olivier en Willie Barnard (69) en Marina van der Wateren (70) die ander pryswenners. Noudat die somer so skielik met ons is sal spel Saterdae weer om 12:30 begin. Die trekking met gewone Saterdae gaan dan stiptelik om 12:15 gedoen word. Dit is noodsaaklik om jou naam vroegtydig op die inskrywingslys te skryf, of om die klub net te bel en te verwittig van jou voorneme om te kom speel. Dit is net goeie maniere en etiket en maak dit vir die persoon aan diens makliker om spel te reël. Die nuwe komitee het op sy eerste vergadering besluit dat daar spesiaal aandag aan die dissipline in die klub en op die baan gegee gaan word. Die manne wat onder andere so met die uithang hemde en rugby kouse op die baan gaan sal ‘n stewige boete opgelê word. Die spelers wat dink die gholfkarretjies is viertrek voertuie sal meer respek moet toon of maar moet loop. Septembermaand se program lyk as volg: Vrydag 7 September: Interaksie Gholf. Lede wat betrokke is moet asseblief almal kom speel. Saterdag 8 September: Laerskool Koedoeskop se borgdag. Spel gaan moontlik vroeër begin. Skryf vroegtydig in want daar word ‘n vol veld verwag. Donderdag 13 September: Sages speel op Koro Creek (Nylstroom). Saterdag 15 September: Liga op Swartklip teen Rooiberg. Saterdag 22 September: Speel die Oues teen die Jonges. Saterdag 29 September: “Foursomes” 27 Putjies. Lede word gevra om in pare in te skryf. Elke Woensdag is dit die Pick ‘n Pay Sundowner wat nou ook weer oor 9 putjies gespeel gaan word. Skakel die Gholfklub by 014 777 1839.
Science Of Sport – Golf
Great Golf Courses Of Southern Africa
Golf: Greatest Ever Moments