CVO Streekskunstefees op Nylstroom
THABAZIMBI – Bosveld Akademie vir CVO het op Saterdag 4 Augustus aan die streekskunstefees wat op die terrein van die Gereformeerde Kerk te Nylstroom plaasgevind het deelgeneem. Die katergorieë waarvoor die leerders kon inskryf was sang, instrumentale nommers, drama, beeldende kunste en Bybelprojekte. Die geleentheid was bygewoon deur agt CVO skole wat aan die streeksuitdunne deelgeneem het. Die beoordelaars wat almal lede van die Raad van Afrikaanse beoordelaars is, het behoorlik ‘n taak op hande gehad om al die items wat van hoogstaande gehalte was te beoordeel. Bosveld Akademie se leerders het baie goed gevaar en het gesamentlik 9 A++, 8 A+, 7 A+ en 11 B+ punte verdien in die onderskeie kategorieë. Gerda Goosen, ‘n graad 4 leerder is na afloop van die dag gekies om aan die Gala aand deel te neem. Hierdie geleentheid het op Vrydag 31 Augustus in Pretoria plaasgevind, waar sy haar formele prosastuk “Die waterbok wat sy lag verloor het”, voor ‘n saal vol ouers en leerlinge van ander CVO skole voorgedra het.