Wenners van die Superkoei-toekennings

Die wenners van die 2006/2007 Bayer Superkoei-toekennings vir die Simbra- en die Simmentalerrasse is tydens die Pretoria Skou vereer. Die Simmentaler/Simbra Beestelersgenootskap wys jaarliks superkoeie aan op grond van hul prestasies by die vernaamste skoue, met inagneming die punte en Simdeks-syfers wat behaal is. Bayer Dieregesondheid borg hierdie toekennings reeds die afgelope 13 jaar. Geen Simbra het egter vanjaar gekwalifiseer nie.

Superkoei-toekennings

Op die foto is van links JAM Slabbert, Odendaalsrus, eienaar van die Superkoei, Topliz Odille, TS 0224, (Lichtenburg Skou); J P de Villiers, Sannieshof, wat die Superkoei De Vil Nina, J P D 0114 geskou het, (Vryburgskou); Callie Lee, Thabazimbi wie se Superkoei Simbo Annemi CG 9813 die louere ingepalm het, (Pretoria Skou) en Dawie Fourie, bestuurder sleutelrekeninge, Bayer Dieregesondheid.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.