General

Vleissentraal Wildsveiling

BRITS – Die jaarlikse Sable Ranch wildveiling wat behoort aan mnr Fred Keelie het plaasgevind op Maandag 27 Augustus, naby Brits. Omdat hierdie so ‘n baie besonderse wildveiling is, het kopers van regoor die land dit weereens bygewoon. Die wild was almal in die hokke en was in ‘n puik toestand omdat hulle reeds lank voor die tyd gevang is en dus rustig en klam was. Daar was uitsonderlike belangstelling en die veiling het baie goeie pryse opgelewer. Die wild word op Sable Ranch geteel en ‘n groot verskeidenheid skaars wildsoorte is opgeveil. Van die hoogste pryse wat behaal was, was vir ‘n Buffel wat ‘n prys behaal het van R165000, Renoster vir R150000 en Swartwitpense vir R130000. ‘n Ongewone item op die veilingslys was dassies wat vir R160 elk verkoop is. Die veiling is aangebied deur Vleissentraal Bosveld, Potgietersrus en die afslaer was Willie le Roux.