Sport

Trentyre aandlig krieket

THABAZIMBI – Die spanne van Quick Sivils en The Bike Shop het ‘n baie opwindende wedstryd gelewer. The Bike Shop is in 16 beurte uitgeboul nadat hulle 125 lopies aangeteken het. James en Koos het baie goed gevaar met hul kolfwerk en het 31 en 14 punte aangeteken. Die suksesvolste boulers wat Dries met 33/3 en Jeremy met 34/3. Quick Sivils het 127 lopies aangeteken in 15 boulbeurte met hul laaste kolwer voor die paaltjies. Die suksesvolste kolwers was Kerneels met 46 en Jeremy met 38. Die suksesvolste boulers was Stefan met 25/3, Theuns met 27/2 en Jurgie met 3/2. Quick Sivils het met die louere weggestap en ‘n bonuspunt verdien. In die wedstryd van HFM en Swartklip, het Swartklip eerste gekolf en is uitgeboul vir 96 lopies. Die beste kolwers was Wessel met 13, Carel ook met 13 en Robert met 11. Tommy behaal 16/3 en Regardt , pypies en Rudo elk met 2 paaltjies het baie goed gevaar met die bal. HFM het 97 lopies aangeteken in die 16de beurt vir die verlies van 4. Maurice met 15, Regardt met 13 en Rudo met 11 het baie goed gevaar. Jead, William, Wessel en Robert het elk ‘n paaltjie geneem en HFM het as wenners uit die styd getree. Die program vir die New Ware Sosiale liga lyk as volg. 3 September, TC Mining teen TBZ LS 1, 5 September Koedoeskop (JB) teen HFM 0/15, 10 September Makoppa teen TBZ LS 1, 12 September TC Mining teen HFM 0/15, 17 September Koedoeskop (JB) teen TBZ LS 1, 19 September Makoppa teen HFM 0/15, 26 September TC Mining teen Koedoeskop (JB), 1 Oktober Makoppa teen TC Mining, 3 Oktober TBZ LS1 teen HFM 0/15, 10 Oktober Koedoeskop (JB) teen Makoppa en 15 Oktober is die finaal.