General

Laerskool Thabazimbi Krieket

THABAZIMBI – Die vier krieket spanne van Laerskool Thabazimbi het verder uitgeblink toe hulle verlede week in wedstryde teen Nylstroom skoonskip gemaak het. In hul wedstryd op Dinsdag, 21 Augustus het die eerste span maklik met 8 paaltjies gewen. Thabazimbi het die tuisspan ingestuur om te kolf en hulle beperk tot 75 lopies met goeie boulwerk deur Danie Loots wat 4 paaltjies geneem het in 11 lopies in slegs 3 beurte. Die beste kolwer was Gert Hefer met 38 lopies. Die 0/11 span het Woensdag, 22 Augustus tuis gespeel. Hulle het eerste gekolf en ‘n goeie 180 lopies aangeteken. Die beste kolwer was Eugene Olivier wat 61 lopies met die kolf aangteken het .Nylstroom is almal uitgehaal vir 145 lopies. Die beste bouler was Evan Jacobs wat 3 paaltjies vir 10 lopies in 6 beurte geneem het. Die 0/10 span het met hul wedstryd tuis daarin geslaag om met 10 paaltjies te wen. Nylstroom wat besluit het om eerste te kolf, is uitgehaal vir 21 lopies danksy goeie boulwerk deur Henno Jordaan wat 5 paaltjies vir slegs 5 lopies in 3 beurte geneem het. Die openingskolwers, Stefan Joubert en Henno Jordaan het die span deurgesien en die wedstryd beklink in die 5de beurt. Die 2des wat op Nylstroom gaan speel het, het ook hul wedstryd gemaklik met 7 paaltjies gewen. Die tuisspan is almal uitgehaal vir 71 lopies. Kolwer van die wedstryd was Naude Koen met 33 lopies en hy het die pas aangegee na die sege. Bouler van die wedstryd was Stefan van Tonder. Hy het 3 paaltjies vir 15 lopies in 4 beurte geneem.