General

Gemengde sukses vir HFM krieket

THABAZIMBI – Die krieketspanne van Hoërskole Frikkie Meyer en Ellisras het Saterdag, 25 Augustus 2007 teen mekaar te staan gekom. Frikkie Meyer se O/15 span wen die lood en besluit om eerste te boul. Hulle beperk Ellisras tot ‘n skamele 46 lopies en word uitgeboul in die 18e beurt. Dit neem die Frikkies 7 beurte en 1 bal om die teiken van 47 te bereik. Die beste boulers was Martin Meintjes met 4 paaltjies in 7 beurte en staan slegs 17 lopies af. Le Roux Bodenstein neem 3 paaltjies in 7 beurte en staan 17 lopies af. Peter Balani was die beste kolwer met 22 lopies nie uit nie. Frikkie Meyer wen die wedstryd met 8 paaltjies. Die spelers wat aan die streeks- proewe Saterdag deelneem word sterkte toegewens. In die wedstryd tussen die eerste span van Ellisras het HFM eerste gekolf en 200 lopies behaal in die toegelate 50 beurte. Die beste boulers was Rudo Eysele met 5 vir 54 in 9 beurte en Shaun Payne met 3 vir 32 in 10 beurte. HFM het tweede gekolf en almal was egter uitgehaal vir 171 in die 34ste beurt. Die beste kolwers was Jaco Prinsloo met 60 en Maurice Enslin met 29. HFM het ongelukkig verloor met 30 lopies.