Entertainment

Frank Opperman kuier in die KunsteGrot

THABAZIMBI – Dit was Saterdagaand 25 Augustus vir die teatergangers wat Frank Opperman se vertoning van “Die uwe, Pottie Potgieter” bygewoon het, weereens duidelik dat hy ‘n uitstekende akteur is. Rita Volschenk en Frank OppermanNiemand het onaangeraak huistoe gegaan nie. Groot dank aan Villa Toscana vir die verblyf en Hannes van SPAR vir sy gasvryheid. Die KunsteGrot bestuur wil diegene wat die teater ondersteun, hartlik bedank. Om dit moontlik maak dat ons dié tipe kunstenaars Thabazimbi toe kan bring, is die ondersteuning en hulp van die gemeenskap van kardinale belang. Om die “Vriende van die KunsteGrot”- projek ‘n hupstoot te gee, gaan ‘n muur met A3 grootte advertensieborde daargestel word. Vir ‘n eenmalige donasie kan u besigheid/dienste/naam permanent geadverteer word, én kry u boonop 15% afslag op kaartjies en voorkeur sitplekke vir toekomstige vertonings. Kontak dadelik vir Rita by 083 7448559 vir meer inligting. Die program vir res van 2007 sien soos volg daaruit. Op 6 Oktober bied RiVo toneel ‘n gratis vertoning vir ons seniors aan om 15:00. Op 10 en 11 Oktober bied RiVo toneel ook twee uitstekende komedies aan om 19:00. 9 November is dit Eugené Marais klink 100 jaar later om 19:00 wat ‘n uitstekende aanbieding beloof te wees en nie misgeloop moet word met akteurs soos Carel Trichardt, Petru Wessels, Ronel Beukes (bas), Linette van der Merwe (mezzo-sopraan) en Ferdi Geyer as begeleier. Op 5 Desember wat dan ook die laaste vir die jaar sal wees is Art of Craft met Elize Cawood en Dunster Wilson om 19:00. Kom ondersteun gerus die KunsteGrot en sy kultuur bedrywighede.