General

Besige tydjie vir Laerskool Koedoeskop

KOEDOESKOP – Die eerste krieket span sowel as die 0/11 span het ‘n taai wedstryd teen Vaalwater agter die rug en albei spanne het daarin geslaag om as wenners uit die stryd te tree. ‘n Interne kultuurweek is gedurende die vorige week by die skool aangebied waartydens die leerders met groot opgewondenheid aan verskillende items soos sang, dans, drama en teken kon deelneem. Die wenners in die onderskeie afdelings gaan aan die wenkonsert wat op 23 Augustus by die skool self plaasvind, deelneem. Die skaakspan het ook gedurende verlede week aan ‘n tawwe skaaktoernooi deelgeneem waar vyf ander skole ook gespeel het, maar verdere inligting sal later aan die media gegee word. Laerskool Koedoeskop wil van hierdie geleentheid gebruik maak om die volgende oud leerlinge geluk te wens met hul verkiesing tot verteenwoordigende leerlingraadslede van Hoërskool Frikkie Meyer. Hulle is Elzaan Janse van Rensburg, Eliza Janse van Rensburg, JP Jacobs, Monica Loots, Nelius de Beer en Karel Eloff. Die personeel, ouers en leerlinge van Laerskool Koedoeskop is baie trots op hulle en hou hulle dop in 2008.