Belangrike kennisgewing

Mondi Business Paper SA kon tot dusver geen verklaring uitreik aangaande die tekort aan gesnyde koerantpapier  en text (wat vir die druk van Die Kwêvoël gebruik word) nie. Daar is geen voorraad in die land nie en alle plaaslike  koerante wat deur die uitgewers self gedruk word ervaar hierdie probleem. Indien Mondi nie in die vraag kan  voorsien nie, bestaan die moontlikheid dat die koerant vir ‘n paar uitgawes op duur Bond papier gedruk moet word.