General

Vanuit die sitkamer

Celest de Beer

THABAZIMBI – Ons weeklikse spreekbuis van die gemeenskap, Die Kwêvoël, se Redakteur Pieter Coetzee het Maandag 20 Augustus ‘n breukoperasie ondergaan en bring hierdie week vir julle die koerant uit sy siekbed. Hy is eers op Dinsdag ontslaan vanuit Unitas hospitaal in Pretoria nadat hy met ‘n groot gesukkel, van sy personeel se kant af, ingestem het om die nag in die hospitaal oor te bly. Hy is nog in pyn, maar sterk goed tuis aan. Van die werk kon ons hom egter nie weghou nie, want hy het summier gereël dat sy rekenaar na sy sitkamer in die huis geskuif moet word. “Die koerant moet Vrydag op straat wees” was sy gedetermineerde woorde aan ons. Hiermee vra ons as personeel al die lesers om dus hierdie week se koerant ‘n bietjie ekstra te waardeer, want daar het letterlik pyn en lyding ingegaan om hom aanmekaar te kry.