Ons lesers skryf – Stank nie goed vir dorp se beeld

Hierdie vrot ingang van ons dorpie Thabazimbi word nou belaglik en is onuithoubaar. Ons as belastingbetalers van ons geliefde dorp kan hierdie stank by die ingang van die dorp net nie meer langer uithou nie. Ons stel voor dat die burgemeester van die dorp se huis in hierdie area gebou word. Sodat hy die stank kan help opruik. Waar is die geld vir die opgradering heen? Ons as Thabazimbi inwoners is al te skaam en te sê ons bly in hier. Wie is in beheer? Staan op en sê jou sê.

Bedwelmde inwoners