Entertainment

Nasionale Braaidag

Miljoene Suid Afrikaners maak gereed om vir hulle land te braai. Van klein dorpies tot in groot stede is meer as 18 miljoen Suid Afrikaners tans druk besig met voorbereidings om vir volk en vaderland te braai ter viering van Nasionale Braaidag 2007 op 24 September. Nasionale Braaidag is reeds in 2005 ingestel as ‘n nie winsgewende promosieveldtog van Suid Afrika se gunsteling kookkuns en ontspanningsbedryf. Die hoofdoel van die braaidag is gemik op die vereniging van ons land se mense deur gemeenskaplike gedrywighede. Volgens die Mzansi Braai instituut, het ongeveer 12,1 miljoen Suid-Afrikaners verlede jaar op 24 September een of ander vorm van braai beoefen, en dit word jaarliks meer. Van daar die verwagte syfer van 18 miljoen. Volgens Jan Scannell, uitvoerende hoof van Nasionale Braaidag is die braaikultuur ‘n duidelike voorbeeld van eenheid deur middel van verskeidenheid. “Almal gebruik ‘n vuur om te braai, maar dit is fassinerend om die kleurvolle verskeidenheid en opwindende braaimetodes te sien” sê Scannell. “Van ‘n goudbruin Weskus snoek, tot ‘n smaaklike koei uier in Limpopo, ‘n half gaar Karoolamtjop tot ‘n skaaprib gebraai op Zululandse kole – daar is ‘n braai eie aan elke streek. Ondersteun gerus hierdie pretvolle aangeleentheid.

Best South African Braai Recipes