Laerskool Thabazimbi se krieket vaar goed
THABAZIMBI – Drie van Laerskool Thabazimbi se spanne het verlede week in vriendskaplike wedstryde teen Laerskool Lord Milner te staan gekom. Die 0/11 span het Dinsdag, 14 Augustus op hul tuisveld, die seuns van Setlers eerste laat kolf en die span beperk tot 116 lopies. Thabazimbi gaan die telling verby met net 2 paaltjies plat. Die wedstryd word gewen met 9 paaltjies. Beste kolwers was Evan Jacobs met 64 lopies (nie uit nie) en Armand Azar wat 26 lopies (nie uit). Beste bouler was Eugene Olivier wat 4 paaltjies geneem in 6 beurte deur net 20 lopies af te staan. Die eerste span het daar gaan kuier en het ‘n naelbyter gehad. Thabazimbi het eerste gekolf en behaal 163 lopies in die toegelate 30 beurte. Lord Milner veg goed terug maar Thabazimbi slaag daarin om hulle almal uit te haal, drie lopies kort van die telling. Gert Hefer was die beste kolwer wat 34 lopies (nie uit) aangeteken het. Die beste bouler was Muller Lategan wat 3 paaltjies in sy toegelate 6 beurte geneem het. Die 2de span het Donderdag, 16 Augustus op Setlers gaan speel. Lord Milner word almal uitgehaal vir 134 lopies. Thabazimbi steek die telling verby met ‘n enkele paaltjie staande. Die 2de span wen die wedstryd met 1 paaltjie. Beste kolwer was Stefan van Tonder met 33 lopies. Stefan was ook die beste bouler nadat hy 4 paaltjies vir 25 geneem het in 5 beurte.