Kinderpret by Gemeentefees
THABAZIMBI – Die NG Kerk Thabazimbi hou op Saterdag 1 September 2007 hul jaarlikse gemeentefees wat beloof om hope pret vir die jongspan in te hou. Hier is jou kans om die kleingoed hul gô behoorlik te laat uitspeel. Vanaf 10:00 op Saterdag oggend is daar talle interessante bedrywighede vir hulle soos ‘n springkasteel, gesigverf en inkleurkompetisie wat alles slegs R5 beloop. ‘n Troeteldiereskou is ‘n nuwigheid op die agenda en die kinders bring dan hul troeteldier saam om te kom inskryf, ook slegs vir R5. Daar is groot pryse op die spel en die beoordeling vind plaas op grond van die versor- ging van die dier en die verhouding tussen die dier en kind om slegs twee te noem. Bring gerus die hele gesin om die dag by die NG Kerk gemeentefees deur te bring en wie weet, dalk loop jy nog met een van die groot pryse weg. Vir enige verdere navrae kan Ané gekontak word by 084 487 4416.