Sport

Gholfnuus

THABAZIMBI – Verlede Saterdag was weer een van daardie stil dae op die gholfbaan. Tuis was dit IPS en die wenner met 33 punte was Duan Claassen gevolg deur Kobus Snyman en Janneman Nortje op 32. Die ander manne het op Mogol teen Warmbad liga gaan speel en gewen. Die span was Piet Venter, Jannie van Graan, Jakkie van der Wateren, Jacob Jordaan, Nico van der Westhuizen senior , Nico van der Westhuizen junior, Ettiene le Roux en Barend Gerber. Thabazimbi is op die stadium in ‘n sterk posisie om weer die liga vanjaar te wen. Daar lê ‘n interessante September gholfmaand voor. Saterdag 1 September is dit Slagspel. Die mooi trofeë is geborg deur die manne van East of Eden. Maandag 3 September is die eerste vergadering van die nuwe Komitee. Vrydag 7 September is dit weer Interaksie Gholf. Al die spelers wat hiervoor inskryf word aangemoedig om wel op die baan te wees. Saterdag 8 September se gholf word geborg deur Laerskool Koedoeskop. Dit behoort ‘n groot dag te wees. Baie goeie pryse word in vooruitsig gestel. Donderdag 13 September speel die Sages op Nylstroom. Saterdag 15 September is dit weer Bosveldliga. Saterdag 22 September word daar kuikenmoord gepleeg wanneer die Oues teen die Jonges te staan kom en op Saterdag 29 September is dit “Foursomes”. Dit is ‘n Beterbal kompetisie en word oor 27 putjies gespeel. Die gereelde Woensdagmiddag Pick ‘n Pay Sundowner sal vanaf Woensdag 5 September weer oor 9 putjies gespeel word.

Science Of Sport – Golf

Great Golf Courses Of Southern Africa

Golf: Greatest Ever Moments