Wen krieket vir HFM spanne
THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer se 0/15 A krieketspan het verlede Woensdag 8 Augustus teen Ben Viljoen skool krieket gespeel.
Die eerste seuns tennisspan van Hoërskool Frikkie Meyer was Provinsiale ligawenners. Hulle het Saterdag in die finaal teen Hoërskool Wolmeransstad te staan gekom maar moes ongelukkig die knie voor hulle buig. Hulle is op die foto voor vlnr: Jaco Prinsloo en Rudo Eysele. Agter: Bruce Stevens en Arno Snyderd. HFM wen die lood en stuur Ben Viljoen in om eerste te kolf. Hulle word egter beperk om 65 lopies aan te teken in 23 beurte. Die beste boulers vir HFM is Dale Sylvanus met 5 vir 16 in 5 beurte, Le Roux Bodenstein met 3 vir 5 in 4 beurte en Reinhard Luüs met 2 vir 9 in 5 beurte. HFM gaan kolf en teken die wenlopies in die 9de beurt aan. Die hoogste tellings gaan aan Le Roux Bodenstein met 27 lopies nie uit en Hanno Fourie met 15 lopies nie uit nie. HFM wen die wedstryd met 8 paaltjies. HFM se 1ste krieket span die o/19s het gespeel teen Ben Viljoen (Groblerspark). HFM wen die lood en besluit om eerste veldwerk te doen. HFM haal Ben Viljoen almal uit vir 142 lopies in die 35 ste beurt. Die beste boulers was Tommie Niehaus met 2 vir 71 in 7 beurte en Rudo Eysele met 6 vir 40 in 7 beurte. HFM het tweede gekolf en behaal toe die wenlopies in die 18de beurt met nog 4 paaltjies staande. Die beste klowers mas Maurice Enslin met 32 lopies en Jaco Prinsloo met 46 lopies. HFM wen die wedstryd met 4 paaltjies. Dit is die derde agtereenvolgende liga wen vir HFM.