General

Thabazimbi Fire Protection Association Opleidingsdag

THABAZIMBI – Thabazimbi Fire Protection Association bied op Saterdag 25 Augustus 2007 ‘n gratis opleidingsdag aan te Sentrum vendusiekrale.

Die verrigtinge neem ‘n aanvang om 9:00 die oggend en die opleiding sal aangebied word deur Japie Barnard, Brandweerhoof van Anglo Platinum myn Amandelbult. Die opleiding beloof om van ‘n baie hoë standard te wees en almal in die omgewing word dringend dog vriendelik uitgenooi om dit by te woon. Dit is in die gemeenskap se belang en baie belangrike opleiding wat gratis aangebied word. Die opleiding behoort teen 13:00 afgehandel te wees en daarna word daar lekker vleis gebraai en verversings sal beskikbaar wees. Vir enige verdere inligting in hierdie verband kan die organiseerder, Herman Barnard, gekontak word by 014 7722628 of 082 335 6441