Sport

Stewige afskop van nuwe sportseisoen vir Platina

SWARTKLIP – By Laerskool Platina word daar hard gewerk vir die voorbereiding en speel van wedstryde van die nuwe sportseisoen.

Die skool se mini-krieket is goed op dreef en daar word hard geoefen elke week, die spelers sien uit na hulle eerste wedstryd. Dan is daar ook nog die krieket wat die groter seuns aan deel neem. Hulle het almal ‘n paar wedstryde agter die rug. ‘n Paar van die wedstryde is gewen maar ongelukkig was daar ook ‘n verloor of twee wat die seuns egter net motiveer om harder te oefen en beter te presteer met die volgende wedstryde. Van die seuns gaan aan die sirkel 2 proewe deelneem wat op 24 Augustus plaasvind op die gronde van Laerskool Thabazimbi. Die skool wens die seuns sterkte toe vir die proewe. Op 25 Augustus bied Laerskool Platina ‘n gholfdag aan ter insameling van fondse vir die skool. Hierdie toernooi vind plaas by Swartklip Gholfklub en is ‘n beterbal scramble wat reeds om 10:00 ‘n aanvang neem. Almal is welkom om in te skryf en hierdie dag saam te kom geniet terwyl daar lekker gholf gespeel word. Vir verdere inligting kan Laerskool Platina gekontak word by 014 786 0402.