Northam Platinum hengel kompetisie
SETARIA – Die afgelope naweek was daar baie vis gevang by die Consentratordam op Northam Platinum. Die 51 deelnemers wat ingeskryf het vir die kompetisie het groot vis gevang. Dit was ‘n klub kompetisie en oud en jonk het goeie vangste gehad. Die naweek kompetisie het Vrydag middag om 15:00 ‘n aanvang geneem en tot Sondag 12:00 geduur. ‘n Totaal van 675 vis was vir die naweek ingeweeg. Die hengelaars kry nou eers ‘n ruskans, want die volgende kompetisie vind op die naweek van die 7de tot die 9de September te Roodekoppies dam plaas. Hier gaan die hengelaars van Northam Platinum en die van Swartklip vir die Bosveld beker vang. Daar is groot planne wat deur die hengelaars gemaak word om met die beker weg te stap, en almal sien baie daarna uit om teen die Swartklip hengel klub lyne sinker en vis te meet.