General

Mars of Maan?- Watter een gaan die naaste wees?

Menige van julle het seker die epos ontvang waarin daar beweer word dat daar groot verwikkelinge in die sterrehemel gaan wees op 27 Augustus 2007. Daar word beweer dat op daardie dag Mars nader aan die aarde gaan beweeg as ooit tevore in die geskiedenis. Mars gaan blykbaar so naby as 34,649,589 myl of te wel 55,758,006 km vanaf die aarde wees en sal met die blote oog soos ‘n tweede maan vertoon.

Aan die begin van Augustus sal Mars van ongeveer 22:00 in die hemelruim sigbaar wees tot ongeveer 03:00. Teen die einde van Augustus wanneer die twee planete die naaste is sal Mars sigbaar wees teen sonsondergang en die helderste vertoon teen 00:30 Na wat beweer word sal nie een van ons wat vandag leef weer hierdie fenominale gebeurtenis beleef nie aangesien Mars eers weer in 2287 so naby die aarde sal wees. Wetenskaplikes beweer dat meeste van die feite wel korrek is aangesien die aarde vinniger as Mars om die son beweeg en dat die aarde elke 26 maande Mars in die binnebaan verbysteek.Op ‘n sekere punt is die aarde, Mars en die son dan in lyn wat ‘n opposisie genoem word. Aangesien Mars se wentelbaan ovaal is en die aarde s’n rond is, is Mars en die aarde nie altyd ewe ver van mekaar tydens ‘n opposisie nie, want dit hang af waar Mars in sy wentelbaan is wanneer die aarde verbygaan. Gedurende Augustus kom hierdie planete egter baie naby mekaar, maar volgens die wetenskaplikes sal Mars met die blote oog nogsteeds soos ‘n ster wat baie helder vertoon lyk. As jy egter na Mars deur ‘n teleskoop kyk sal dit groter en nader lyk as voorheen. Dit sal egter nie vergelyk kan word met die fotos wat van ‘n ruimtetuig af geneem is nie. Soveel fynere besonderhede sal nooit van die aarde af sigbaar wees nie. Hou dus maar jou teleskoop gereed teen die einde van Augustus om na Mars te kyk, want volgends die Wetenskaplikes gaan dit beslis nie so groot soos die maan wees nie.